Community

Elke hond kry sy dag

THABAZIMBI – Thabazimbi Animal Rescue het ‘n heerlike pretdag verlede Saterdag op die Laerskool rugbyveld gehou ter versterking van hul fondse.

Hierdie heerlike gesinsdag het heelwat vermaak ingesluit en elke hond het ‘n beurt gehad om tydens die hondeskou sy beste potjie voor te sit.

Volgens die organiseerders het sowat sestig hondeliefhebbers die dag saam met hul vierpotige gesinslede geniet.

Ikatiseng Security het ook ‘n demonstrasie gegee van hul “werkshonde” en is die mense verstom oor die gehoorsaamheid van ‘n goed opgeleide hond.

Die hondeskou uitslae is as volg: Snaakste hond – Pumba (eersteplek) en Tjompie (tweedeplek); Oulikste hond – Spokie (eersteplek) en Tjompie (tweedeplek); Kleinste hond: Mini (eersteplek) en Beauty (tweedeplek); Grootste hond – Ceasar (eersteplek) en Brannas (tweedeplek); Hond van die dag – Katriena en “Groom of the day” – Terry. Terry is een van TAR se aanneemhondjies.

TAR bedank graag almal wat die dag bygewoon het asook hul borge wat die dag moontlik gemaak het.

Vir enige navrae aangaande aannemings of indien u ‘n donasie wil gee, skakel Tania by 084 885 6487.

15-TAR 1 Pumba

Pumba is aangewys as die Snaakste hond in die TAR hondeskou.