Community

Dwelmpraatjie deur Sanpark

THABAZIMBI – Volgens die plaaslike SAPD ondervind hulle tans ‘n aansienlike toename in dwelmgebruik by plaaslike skole.

In die lig van hierdie skokkende inligting, het die SAVF ‘n spreker van Sanpark rehabilitasie sentrum in Klerksdorp genooi om die inwoners van Thabazimbi oor hierdie groot euwel, wat huidig die gemeenskap in ‘n wurggreep het, te kom toespreek.

Lebo Molisalife, hoof van gemeenskapsprojekte en terapeut by dié sentrum, sal op 5 Mei om 18:30 by die NG Kerksaal ‘n praatjie lewer om veral ouers en volwassenes in te lig rakende tekens van verslawing by minderjariges sowel as die korrekte hantering van sulke situasies.

Die SAVF Maatskaplike dienste nooi almal uit om hierdie geleentheid by te woon sodat die gemeenskap die stryd teen hierdie verslawing kan hokslaan.

Kontak die SAVF by 014 777 1093 of stuur ‘n e-pos aan savftbz@telkomsa.net vir meer inligting.