Thabazimbi Plaaslike Munisipale Waardasierol ter insae
THABAZIMBI – Inwoners van die Thabazimbi Munisipale gebied (sluit in Northam, Rooiberg, Dwaalboom, Leeupoort en alle landbou gedeeltes) moet hulself asseblief vergewis van die voorgestelde waardasies wat nou ter insae lê by die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit. Die inligting is ook op die webtuiste van HCB Property Valuations beskikbaar op www.hcbvaluators.com. Inwoners het net tot 12 April 2013 geleentheid om beswaar te maak ten opsigte van waardasies van eiendomme.
Raadslid Bertie Joubert het die lys ter insae bestudeer en verskeie waardasies opgemerk wat op die oog af nie korrek is nie. Daar is eiendomme in dieselfde gebied wat soortgelyk is, maar die waardasies verskil aansienlik. Hierdie is die eienaar se geleentheid om te verseker dat die waardasie waarop eiendomsbelasting betaal gaan word, korrek is. Die waardasies, wanneer goedgekeur en aanvaar is deur die wetlike proses, sal geldig wees vir 4 jaar.
Raadslid Joubert versoek inwoners om hulself te vergewis van dié waardasies.