Handgemaakte Teddies vir SAVF
THABAZIMBI – Die SAVF se Teddiebere-projek het ‘n groot hupstoot vandeesweek ontvang nadat Huis Immergroen se bejaardes 16 teddies op Donderdag 4 April aan hulle oorhandig het.
Huis immergroen se bejaardes het aan die werk gespring en van al die oorskiet wol wat tot dusver vir die Teddiebere-projek ingesamel is, die allerfraaiste teddiebere gemaak. Die spesiale handgemaakte teddiebere word dan deur die SAVF aan kindertjies gegee wat geen speelgoed het nie.
Almal wat sover wol en stukkies lap geskenk het word bedank, asook die bejaardes vir hul harde werk. Die bejaardes het die hoop uitgespreek dat elke kind wat een ontvang se hart met liefde gevul sal word.