Vanjaar is ‘n uitsonderlike jaar vir besondere reënboë oor Thabazimbi. Saam met die welkome reën wat sedert die begin van die week oor die bosveld uitsak, het dit ook soggens merkbaar afgekoel. Dié manjifieke reënboog was laat Woensdagmiddag oor Thabazimbi sigbaar en kon mens amper die oorsprong daarvan op ‘n GPS vaslê.