Slag laat vonke spat
SETARIA – Swaar wolke het Maandag middag 25 Maart in die lug gehang en die weerlig het in die wolke gespeel. ‘n Werknemer by Northam Platinum was oppad na sy voertuig wat in die parkeerarea by die skagte gestaan het toe hy ‘n slag hoor. Die weerlig het die boom getref en dié het dadelik aan die brand geslaan. Gelukkig is geen skade aan enige voertuie gerig nie.