CommunityTop Stories

Verskeie dienste by nuwe Staatshospitaal

12-Nuwe Hospitaal (2)

THABAZIMBI –  Die nuwe staatshospitaal wat in Shaity Drive in Regorogile geleë is het hierdie week sy deure vir die publiek geopen. Verskeie dienste is nou daar beskikbaar soos oogkundiges, tandheelkundiges, arbeidsterapeute, fisioterapeute, dieetkundiges, sielkundiges, buitepasiënte, ongevalle, x strale en ‘n apteek.

Daar is egter ‘n paar prosedures wat gevolg moet word:

Indien jy ‘n nuwe pasiënt is moet jy eers ‘n besoek bring aan die kliniek wat in Hibuscusstraat geleë is om ‘n verwysingsnommer te verkry om die mediese dokter by die hospitaal te kan sien. Hierdie prosedure moet gevolg word voor 13:00 aangesien die mediese praktisyn slegs pasiënte behandel tot 16:00.

Indien jy ‘n bestaande pasiënt is en reeds ‘n lêer by die hospitaal het, kan daar direk na die hospitaal gegaan word.

Al die administrasie word tans by die nuwe hospitaal gedoen maar die sale in die ou hospitaal is nog in gebruik terwyl die nuwes nog toegerus word.