Twee beseer in ongeluk

12-Ongeluk 1

Twee mense is beseer in ‘n ongeluk waarin twee motors en ‘n vragmotor betrokke was. Die ongeluk het laatmiddag Woensdag, 20 Maart, sowat twee kilometer buite Thabazimbi op die Thabazimbi/Northam-pad gebeur op ‘n gedeelte wat bekend is vir verskeie noodlottige ongelukke. Die vermoede bestaan dat die bestuurder van een van die voertuie op die draai ‘n ander voertuig wou verbysteek. Die motor het ‘n vragmotor skrams getref, getol, die sleepwa wat agteraan die vragmotor vas was ook getref en toe kop-aan-kop met nog ‘n aankomende motor gebots. Beide die bestuurders van die motorvoertuie is op die toneel gestabiliseer voordat hulle per ambulans na ‘n plaaslike hospitaal vervoer is. Die bestuurder van die vragmotor, asook die werkers agterop die vragmotor, is nie beseer nie. Verkeer is vir meer as ‘n uur opgehou terwyl reddingwerkers die ongelukstoneel opgeruim het.