TAR hou eersdaags pretdag
THABAZIMBI – Thabazimbi Animal Rescue (TAR) beplan om op Saterdag 6 April ‘n fondsinsamelingsdag in die vorm van ‘n pretdag te hou.
Die pretdag sal op Laerskool Thabazimbi se A-veld plaasvind. Vermaak sluit in: ‘n sanger, hondeskou, piekniek, pretstap saam met jou woef en fotos saam met hulle, diere aannemings geleenthede en heerlike verversings sowel as troeteldierbykomstighede wat te koop aangebied sal word. Ikatiseng Sekuriteit sal ook ‘n demonstrasie met hul opgeleide spoorsny hond uitvoer.
Daar is hope spasie vir stalletjies veral stalletjies wat die volgende kan bevat: lekkergoed, diere voeding, juwele, klere, maar enige ander stalletjie is welkom. Verder benodig die organiseerders besigheidslui of entrepreneurs wat bereid is om pryse te borg vir die hondeskou-wenners of enige ander vorm van donasies soos ‘n gazebo, pamflette, plakkate, baniere, sertifikate, bakkies vir kos- en waterpunte en so meer.
Die toegang tot hierdie heerlike pretdag is gratis terwyl die inskrywingsfooi vir die hondeskou en die “dog walk” R10 per persoon en R10 per hond beloop. Die stalletjie fooi is R50 per stalletjie.
Die fooi om ‘n foto te neem saam jou geliefde hond is R10 en die foto word dan op TAR Facebook Page geplaas.
Die organiseerders beoog om dit ‘n onvergeetlike dag maak vir mens en dier en nooi die gemeenskap om deel daarvan uit te maak.
Vir enige navrae kontak Camla by 076 184 9298 of Tania by 084 885 6487.