Swartklip VLU vergader
SWARTKLIP – Die dames van Northam Vlu het op 7 Maart 2013 hul maandelikse vergadering gehou in die Methodiste Kerksaal te Swartklip.
Die dames het weereens gewys wat in hulle steek met hul handwerk. Elke maand ontvang die lede punte vir die tak vir die huiswerk wat hul kom wys.
Trofeë is aan die volgende lede oorhandig: Mari Meintjes met 167 punte ontvang die eersteprystrofee, in die tweede plek was Annetjie Dreyer met 135 punte en in die derde plek, Dina met 112 punte.
Die dames van die omgewing word uitnooi om te kyk wat die VLU alles doen. Kom loer gerus in en kuier ook gesellig saam.
Vir meer inligting skakel Marinda Gagiano by 083 785 2274 of Maritza Hasebroek by 072 240 9156.