Solidariteit Helpende Hand help minderbevoorregtes

NORTHAM – Annatjie Dreyer en Jenny Streak van Solidariteit Helpende Hand het onlangs sakke vol klerasie en speelgoed aan minderbevoorregte mense van Pretoria gegee.

Pastoor Johan Coetzer, leraar van die bediening vir wie hulle die skenking geneem het, bedank ieder en elk vir hul bydrae.

Volgens Pastoor Coetzer is daar baie mense wat tans in nood verkeer. Daar word weereens ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om betrokke te raak en hulp te verleen met huishoudelike benodighede, soos voedsel, klerasie en skoonmaakmiddels.

“Alles wat jy nie meer wil hê nie, kan weer deur iemand anders gebruik word.” Solidariteit Helpende Hand wil graag die publiek bedank vir hul skenkings en dat dié tak op hulle kan staatmaak vir donasies.

Vir verdere navrae aangaande hierdie besonderse projek, skakel Rene 073 429 9411, Jenny 084 968 5022 of Mari 082 086 4915.

12-helpende hande

Annatjie Dreyer en Pastoor Johan Coetzer staan by die volgelaaide bakkie.