Sport

Provinsiale kleure vir Jukskei

12-HFM jukskei

Twee leerders sowel as ‘n leerkrag van HFM het Provinsiale kleure in jukskei verwerf. Hulle sal die Limpopo Provinsie tydens die SA Kampioenskappe op 31 Maart tot 4 April 2013 te Kroonstad verteenwoordig. Mnr Gerhard Booyens is verkies tot die Limpopo provinsiale span,  Daphine Liebenberg sal deelneem in die o/30 en senior span en ook as kaptein van die span. Jaco de Witt neem deel vir die o/30 span en senior span.