Oom Alie oorlede
THABAZIMBI – ‘n Geliefde inwoner en sakeman van Thabazimbi, Albert du Buys is op Vrydag 15 Maart in die ouderdom van 73 jaar oorlede. Oom Alie soos die meeste mense hom geken het, was ‘n aktiewe lid van die sake en boerdery gemeenskap.
Oom Alie word oorleef deur sy vrou Marie, 4 kinders Naomi, Amanda, Estelle en Jan asook drie kleinkinders. Sy familie bedank almal vir die besoeke en oproepe tydens sy siekbed, asook almal wat na sy afsterwe woorde van troos gegee het. Spesiale dank aan dr Andries Buys en Rykie May van Helpende Hande vir al hul tyd en ondersteuning tydens ons eggenoot en vader se siekbed. Hy is op Donderdag 21 Maart vanuit die NG Kerk in Thabazimbi begrawe.
Alom bekende boer van die omgewing, Albert du Buys is op Vrydag 15 Maart oorlede.