Business

Die Draadwerf kry ‘n nuwe perseel

Promosie Artikel

THABAZIMBI – Dit is met trots dat Gerhard en Nelda Kotze hul omheuningsmateriaal besigheid aan die Thabazimbi publiek bekendstel. Die besigheid het sy bestaan reeds in 2009 gehad waarna hulle die Consolidated Wire Industries agentskap bekom het en sodoende hulle produk, wat insluit alle tipes draad, pale en omheunings bykomstighede bemark het in die Thabazimbi en Lephalale gebiede.

Die besigheid verskuif in 2013 vanaf Sentrum na Thabazimbi ‘n poging om ‘n beter diens aan ‘n wyer kliënte basis te lewer. Consolidated Wire Industries is een van die grootste draadvervaardigers in Suid-Afrika waarvan die fabriek geleë is in Vanderbijlpark.

Slegs SABS goedgekeurde produkte word bemark, en die grootste verskeidenheid van die produkte word in groot maat by Die Draadwerf se persele in Thabazimbi en Lephalale aangehou van waar dit versprei word na die landbou-, mynbou en ander sektore. Gevolglik kan groothandelpryse direk aan die verbruiker gebied word. Hulle is ook trots om die bemarkers van Nemtek- en Stafix produkte te wees, wat insluit hekmotors, elektriese omheuningsmateriaal en ander sekuriteits benodighede. Die Draadwerf beskik oor sy eie fabriek wat standaard grootte hekke asook pasmaak groottes vervaardig, alles met swaardiens materiaal.

Besoek hul gerus by hul nuwe perseel te Loodstraat no 8 Thabazimbi. Hulle kan ook op die volgende nommers gekontak word  Thabazimbi 014 772 2211 en Lephalale 082 203 5340

12-Draadwerf (2)

Gerhard en Nelda Kotze, eienaars van Die Draadwerf by hul nuwe perseel in Loodstraat 8.