Sport

Bosveld Akademie gaan groot by Noord-Transvaal proewe

PIETERSBURG – Atlete van Bosveld Akademie het op Saterdag 9 Maart aan die Noord-Transvaalse proewe deelgeneem te Pietersburg, van die 33 atlete wat deel geneem het, het 28 atlete hulle Noord-Transvaalse kleure verwerf. Agter vlnr: Mnr Peet Vorster, Gert Stiglingh verwerf ‘n eerste plek in gewigstoot en diskus en ‘n derde plek met spiesgooi, Ivan Fröhlich verwerf ‘n eerste plek in die 400m en 800m, Ockert Goosen verwerf ‘n eerste plek in 800m, Michael Knoetze verwerf ‘n eerste plek met gewigstoot , ‘n tweede plek in die 200m, ‘n derde plek in beide 100m en verspring en ‘n tweede plek in die 1500m,  Dera van der Walt verwerf  ‘n eerste plek in die 3000m, 800m en 1500m en ‘n tweede plek met gewigstoot, Morné Knoetze behaal ‘n tweede plek met spiesgooi en ‘n derde plek in 200m, Louré van der Walt  verwerf ‘n eerste plek in die 3000m en 1500m en Juffrou Christine Swart.

Derde ry vlnr Phillip Needham verwerf ‘n tweede plek met gewigstoot, Stephan Labuschagne verwerf ‘n derde plek in die 800m, Nico Roets verwerf ‘n eerste plek in beide die 400m en 800m en ‘n tweede plek in die 100m, Van Zyl Fouché verwerf ‘n eerste plek in die 150m,  ‘n tweede plek met hoogspring en ‘n derde plek in beide die 100m en verspring, Antonie Grobler verwef  ‘n eerste plek met verspring en ‘n tweede plek in die 100m en Walter Jacobsohn verwerf ‘n derde plek met gewigstoot.

Tweede ry Doné Roets verwerf ‘n tweede plek met gewigstoot, en ‘n derde plek met spiesgooi, Inge Jacobsohn verwerf ‘n tweede plek met gewigstoot en ‘n derde plek met turbospiesgooi, Anica Goosen verwerf ‘n vierdeplek in die 80m, Adri van Reenen verwerf ‘n twee plek in die 100m sowel as in beide die 80m en verspring item en ‘n derde plek met turbospiesgooi, Louis Trichardt verwerf ‘n derde plek met gewigstoot, Jurgens Bornmann verwerf ‘n tweede plek in die 1200m en ‘n derde plek met hoogspring, Johann Greyling  verwerf  ‘n eerste plek in die 75m hekkies en ‘n derde plek met hoogspring en Jaundré Barnard verwerf ‘n derdeplek met turbospiesgooi.

Voorste ry vlnr Zanelle Lottering verwerf ‘n derdeplek in die 60m en ‘n vierde plek in die 80m, Ashanti Benadé verwerf ‘n derde plek in beide die turbospiesgooi item  en in die 600m, en ‘n vierde plek in die  80m, Divan Muller verwerf ‘n derde plek in die 60m, 80m en 600m, Nicolet Trichardt verwerf ‘n eerste plek in beide turbospiesgooi en die 60m en ‘n tweede plek in die 80m, Christoff Marx verwerf ‘n tweede plek met turbospiesgooi sowel as in die 60m ,80m en 600m, Devonric Swart verwerf ‘n vierde plek in die 80m en Muller van Reenen verwerf ‘n eerste plek met turbospiesgooi sowel as in die 60m en 80m, ‘n tweede plek in die 600m en hy is ook aangewys as junior atleet van die byeenkoms.

12-Bosveld akad sport