3de vir UPM HengelKlub
NORTHAM – UPM Hengelklub het in die pas afgelope Bosveld Trofee kompetisie op 16 en 17 Maart, ‘n algehele derdeplek behaal met 3821.40 punte.
Die hengelkompetisie het plaasgevind by Northam Konsentratordam en die spanne wat teen mekaar gekompeteer het was UPM, Thabazimbi, Amandelbult en Northam Plats.
Die hengelaars word ook voorspoed toegewens vir die Liga wat plaasvind op 6 en 7 April te Heart’s Ease. ‘n Spesiale dank aan die dames wat hul eggenote ondersteun het met die Liga, Proewe en Bosveld Trofee.
Die UPM Liga en Bosveld Trofee span, agter vlnr: ML du Plessis, CF Streak, JJ Jansen van Rensburg, DBR Dreyer ,CCA Buys, BS Potgieter, T Goosen (Jnr) en TJ Goosen (Voorsitter). Middel: PJR Steenkamp, JS de Wet, R van Toorn en H Goosen (Jnr). Voor: PJR Steenkamp (Jnr).