Vernuftige kuns

MAKOPPA – Die dames van Strewe VLU-tak het ‘n besonderse metode van kuns bemeester tydens die Februarie vergadering met die tema “Skep met wat jy het”

te Dwaalboom se lapa. Tarina Welgemoed het die dames tou wys gemaak in die kuns om te skep uit items wat jy reeds het.

Die tak, wat spog met 25 lede, gaan vir Aprilmaand se vergadering by Margaret Robberts se kruieplaas kuier.

11-VLU Strewe 3

Die nuwe bestuur van die VLU Strewe tak: Anita Bezuidenhout, Reinette Lottering, Ilna Schutte , Daleen van der Merwe en Ansie Briel (voorsitter). Afwesig: Magda Lottering.