Thaba se eie Biggest Loser
THABAZIMBI – Active Life gym het in 2012 hul eie Biggest Loser kompetise aangebied wat deelnemers die geleentheid gegee het om met ‘n meer aktiewe leefstyl hul lewens en gesondheid te kan verander. Lizette Koekemoer is die wenner van hierdie kompetisie en het met haar deelname 20kg afgeskud in ‘n periode van drie maande.
Haar verpersentasie is met 10% afgebring. Die gym-lede wens haar hartlik geluk met hierdie prag prestasie, haar vasberadenheid en baie sweet sal vir menige as inspirasie dien.
Lizette Koekemoer voordat sy aan die Biggest loser kompetisie deelgeneem het.
Lizette het 20kg verloor en spog met 10% verminderde verpersentasie.