CommunityTop Stories

Rooiberg polisiestasie kry nuwe lewe

Deur Tobie Lombard

 

ROOIBERG – Die area bevelvoerder van die streek waaronder Rooiberg resorteer, kolonel CJ Homan het Dinsdag die sweep hard en duidelik geklap. Polisie lede het ‘n keuse om hulle gewig te trek of om afgedank te word. Dit bring ‘n driejarige struweling tussen inwoners en Rooiberg polisie tot ‘n einde.

Verskeie probleem areas is uitgewys in ‘n ontmoeting tussen Homan en Kampie Steenkamp (Voorsitter van Rooiberg Inwonersvereniging). Die kolonel het bekend gemaak dat Rooiberg polisie se mannekrag met vier nuwe lede versterk is.

Hy het aan polisie lede dit duidelik gestel dat hy harde werk, deeglike ondersoek en streng optredes verwag. Lede is aangesê om wet skriftelik die ondraaglike probleem met die sjebiens aan te pak. Dagvaardings moet summier uitgeskryf word en waar toepaslik moet beslag gelê word op klank toerusting wat in die sg. SAP13 ingeboek moet word.

SAP13 is die register waar alle eiendom wat verlore is, eiendom waarop beslag gelê word en gevonde eiendom ingeboek moet word. Ondersoeke tot dusver dui daarop dat van die sjebien eienaars hulle dranklisensies sal verloor. Dit is verblydende nuus vir die RDP se beleërde inwoners.

Verskeie inwoners van Rooiberg het naweke vergeefs die polisie geskakel met die hoop dat hulle sal optree teen die ondraaglike lawaai. Oproepe vir optrede is blootweg summier ignoreer.

Klaers is ook gedreig met arrestasie en vervolging. Dit is onduidelik op grond van watter wet of ordonnansies arrestasie gemagtig is. Homan het daarop gewys dat daar geen ernstige misdaad in die dorp en omgewing was vir die laaste paar maande.

Die vergadering is op ‘n baie positiewe noot afgesluit. Daar is ook onderneem om met die DA raadslede in Thabazimbi te onderhandel om daadwerklike pogings aan te wend om bestaande bywette se boetes te verhoog tot R20 000 of tronkstraf.

Die uiteinde van die vergadering is beslis positiewe nuus vir die Rooiberg gemeenskap. Mnr Kampie Steenkamp het onderneem dat die dorp se inwoners ten nouste met die SAP sal werk en dat hulle as ore en oë vir die SAP sal dien. Die lede van SAP Rooiberg is nou onder geen illusies oor wat hulle taak voortaan sal wees. Doen jou werk of staar afdanking in die gesig!

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Lede van SAP Rooiberg. Die polisiestasie spog met vier nuwe lede. Op die foto van links na regs is mnr Kampie Steenkamp (Voorsitter Rooiberg Inwoners Vereniging), v/kst Chivuri, kst Ngobeni, kolonel CJ Homan (area bevelvoerder), kst Mavundi, kst Makhubela, kaptein Anna Sithole, en kst Matt Gouws. Foto: Tobie Lombard.