Louis Brittz vier saam “40 Dae”
THABAZIMBI – Die “40 Dae” interkerklike afsluitingsgeleentheid is deur sowat 550 inwoners op Sondag 10 Maart by die Trollope & Trophy Breeders saal bygewoon.
Louis Brittz, ‘n bekende lof en aanbiddingsleier, en sy orkes het vanjaar by dié spesiale geleentheid opgetree.
Die opening en boodskap is deur Dr Thinus Benadé behartig waarna Louis Brittz en sy orkes die Lof en Aanbidding gelei het. Sowat 300 lanterns is die lug in opgestuur aan die einde van die geleentheid.
Oud en jonk is saamgebring by hierdie geleentheid en kon die jongspan, wat voor die verhoog gesit het, tot Tannie Nell Botha (99) elk ‘n besonderse oomblik ervaar. “Mag die Lof aan ons Here nie net in ons harte weerklink nie, maar ook in die dade van die Christen gemeenskap van ons pragtige Bosveld.” Het Ds Johan Marais na hierdie geleentheid aan Kwêvoël gesê. Foto’s: Pieter Keay.
Louis Brittz en sy orkes het die Lof en Aanbidding gelei tydens die “40 Dae” afsluitingsgeleentheid op Sondag 10 Maart.