Sport

Laerskool Netbal

11-Lskool TBZ netbal o10A

Die netbal spanne van Laerskool Thabazimbi het goed presteer met hulle onlangse deelname aan die Streek 1 graderingsdag wat op Saterdag 9 Maart te Laerskool Ellisras aangebied is as deel van die Lephalale dag. Die o/10A span het die wedstryd teen Laerskool Julian Muller 5-3 gewen en teen Laerskool Krugerpark 7-5. Wilma Prinsloo is hulle afrigter.