Ons lesers skryf:
Ek maak beswaar teen die grap, die grap wat u in die Kwêvoël van 22 Februarie 2013 gepubliseer het.
U vergelyk daarin die Heidenaars met ‘n plek van ontug en dit ontstel die Christen gelowiges en is niks minder as godslasterlik nie.
U moet dink dat u koerant deur baie Christene en ook kinders gelees word en dit is nie opbouend nie. Hou aan om goed te doen en smyt die gemors in die snippermandjie.
Jan Venter – Thabazimbi
