Community

Die hare gaan letterlik waai op Rooiberg

Deur Tobie Lombard

 

ROOIBERG – Die hare gaan letterlik waai op Rooiberg. Dit gaan nou nie ‘n kat en hond geveg afgee nie, want die opbrengs van die dag se haarskeer en kleurdery gaan ‘n vir ‘n baie goeie saak naamlik Kankernavorsing. Die jaarlikse veldtog staan bekend as ‘n Shavathon 2013.

Die eerste Shavathon is in die Oos-Kaap gehou in 2003. Die Shavathon dien as bewys vir solidariteit en ondersteuning van kanker pasiënte. Haarverlies is ‘n algemene gesig by kankerpasiënte en afskeer en kleur van hare betoon samewerking, simpatie en ondersteuning vir kanker pasiënte.

Vanjaar kan jy jou hare in alle kleure van ‘n reënboog kleur of kaalkop skeer. ‘n Donasie (verpligtend!) van R50 per kop word gevra. Kinders onder twaalf se bydrae is slegs R25. Die gelde gaan net so na KANSA. Die reënboog kleure is vanjaar ‘n nuwe tema en beloof om baie aandag te trek.

Daar sal verskillende stensils wees waaruit gekies kan word soos bv. ‘n ster, ‘n skoenlapper, ‘n blom, ‘n sokkerbal, ‘n weerligstraal, die woord ‘warrior’. Hare moet skoon en sonder enige chemiese behandeling wees. Hare langer as 20cm word gehou en pruike word daarmee vervaardig. Hare wat nie voldoen aan die vereistes word weggegooi.

Alle lemme en knippers word gesteriliseer na elke indivuduele gebruik. Rooiberg se Shavathon word op Saterdag 23 Maart 2013 by die One Stop Food Zone se stoep aangebied. Die organiseerder van die Rooiberg Shavaton is Magdel Schroda. Haar kontak nommer is 072 368 6369 of e-pos by restaurant@yahoo.com. Vrywilligers wat betrokke wil raak kan registreer by www.shavathon.org.za