Community

Afskeid van ‘n Geliefde

Kathleen Lee (54), wat die afgelope 7 maande woonagtig was in Thabazimbi is op 27 Februarie 2013, na ‘n kort siekbed oorlede. Kathleen is gebore in Pretoria en het op Vaalwater grootgeword. Sy was in Zandfontein Laerskool en in Nylstroom Hoërskool waar sy in 1976 gematrikuleer het, vanwaar sy by Pretoria Universiteit in BA-Tale gestudeer het. Sy het na die voltooiing van haar Graad in Pretoria gevestig waar sy 30 jaar woonagtig was.

Kathleen was ‘n baie innemende, vriendelike opregte en diep gelowige mens. Sy het altyd almal probeer help. Haar begrafnis het plaasgevind op 5 Maart 2013 vanuit die AGS Kerk Thabazimbi. Haar heengaan word diep betreur deur haar moeder, susters Louisa en Ansie, familie en vriende. In ons harte sal sy altyd bly voort leef.

kathleen lee

Kathleen Lee wat op 27 Februarie na ‘n kort siekbed oorlede is.