Sukses vir Makoppa GPF
MAKOPPA – Twee vermeende diewe, wat verband hou met die diefstal op Mosella Sella wildsplaas op Dwaalboom, is op 25 Februarie in hegtenis geneem nadat iemand ‘n bewegende bakkie naby Mooivallei opgemerk het waarvan die een band reeds van die een velling af was, en die Makoppa GPF in kennis gestel het.
Die Polisie se hulp is ingeroep en die verdagtes is aangekla vir huisbraak en diefstal.
Lede van die Makoppa-GPF (Gemeenskap Polisieërings Forum) en die SAPS het twee van die vier verdagtes gearresteer, waarop ‘n saak by die Polisie aanhangig gemaak is wat verband hou met die besit van vermoedelik gesteelde goedere asook vir huisbraak en diefstal. Die verdagtes het reeds in die hof verskyn op die aanklagte.
Groot dank word uitgespreek teenoor die persone wat deur hulle betrokkenheid gehelp het om die vermeende diewe vas te trek by name die Makoppa GPF, boeregemeenskap van ongeveer 14 lede, SAPS Thabazimbi, drie privaat helikopter vlieëniers, STTU en Makoppa plaaswerkers van ongeveer 30 lede.
Die goedere wat by Mosella Sella wildsplaas gesteel was en teruggevind is nadat die diewe aangekeer is.