Business

Nuwe Hasqvarna agent in Thabazimbi

THABAZIMBI – JA Botha Besproeiing en kettingsae is ‘n bestaande besigheid wat in die Industriële gebied geleë is en al ‘n geruime tyd handel dryf in Thabazimbi en omgewing. Hulle verskaf besproeiingsmateriaal,  kettingsae, brushcutters, grassnyers, gifspuite en so meer. Weens groot uitbreidings in besigheidsgeleenthede en ‘n toename in kliënte was die firma genoodsaak om sy perseel uit te brei, en spog nou met ‘n groter nuwe perseel. Die nuwe winkel en werkswinkel grens aanmekaar vir u gerief. Husqvarna wat landwyd bekend is vir hul voortreflike toerusting, het die agentskap aan JA Besproeiing toegeken. Hulle beskik nou oor ‘n ten volle toegeruste werkswinkel wat voldoen aan die standaarde van Hasqvarna. ‘n Opgeleide tegnikus hanteer alle dienste en herstelwerk om aan u vereistes te voldoen. Hulle spesialiseer nou ook in bosbou gereedskap, professionele plaasgereedskap en tuin en buitelug gereedskap, en die diens en herstel van gereedskap. Geen diens of herstel werk is vir hulle te klein of te groot nie. JA Botha Besproeiing het op 1 Maart 2013 die opening van die groter perseel en toekenning van die nuwe Husqvarna agentskap gevier met die loods van ‘n kompetisie. Indien ‘n kliënt enige item ter waarde van R100 aangekoop het, het hy die kans gestaan om een van drie groot pryse te wen. Die eerste prys was ‘n Husqvarna 143R-11 Bushcutter ter waarde van R5099,  2de prys ‘n Leatherman supertool ter waarde van R700 en die 3de prys ‘n Leatherman Skeletool ter waarde van R530, al hierdie pryse sluit BTW uit. Besoek hulle gerus in die Industrieële gebied H/v Lood en Platina Straat vir professionele en vriendelike diens.

10 - Husqvarna

Die behulpsame en vriendelike personeel is vlnr Chenell Loots, Martie Murray, Mariette Botha en Jack Botha (eienaar).