Sport

Wikus gas by Gholfdag

THABAZIMBI – Wikus van Heerden, die bekende rugbyspeler, was die gasspreker tydens Laerskool Thabazimbi se geborgde gholfdag wat op Vrydag 22 Februarie 2013 by Thabazimbi Gholfklub aangebied is. Wikus het hier in die Thabazimbi omgewing grootgeword en is ‘n oudleerling van Van Wykskraal laer.

Met ‘n oggend en ‘n middagveld was daar ongeveer 92 spelers op die baan. T Low en C de Beer het as wenners vir die dag uitgetree met ‘n puntetotaal van 51.  Elke speler, asook die borge word bedank vir hul deelname en die goeie gesindheid wat daar geheers het. Dit was vir Thabazimbi Golfklub lekker om sulke positiewe mense te huisves.

Op Saterdag 23 Februarie 2013 het die Dames Gholfliga te Mokopane plaasgevind.  Vier van Thabazimbi se dames het in liga gaan deelneem. Hulle speel teen Kameeldoring en Polokwane B. Louise van Graan wen al haar wedstryde, maar dit was nie goed genoeg om die res van die span deur te trek nie.

Die Mans Bosveldliga, met 88 spelers, het Saterdag 16 Februarie 2013 by Thabazimbi Gholfklub afgeslaan. Met die aankoms is die mans getrakteer met heerlike koffie en toebroodjies. Ongelukkig kon Thabazimbi nie die knoop deurhaak nie en verloor teen die Wild Dogs van Brits. Die volgende liga word op Brits gespeel.

Northam Toyota Sundowner vind elke Woensdag plaas. Pieter van Zyl het die afgelope 2 weke met die R100-prysgeld weggestap. Die aantal spelers wat aan die Northam Sundowner deelneem, neem weekliks toe. Almal word vir hulle betrokkenheid bedank en in dieselfde asem word die wat nog nie deel hiervan is nie, uitgenooi om aan die kompetisie te kom deelneem. Daar heers altyd ‘n baie lekker gees en die saamkuier daarna is ook ‘n lekker geleentheid om mekaar beter te leer ken.

09-TBZ gholfstok en Wikus

Heinrich, Wikus van Heerden, Janré en Jan-Adriaan tydens Laerskool Thabazimbi se Gholfdag waar Wikus as gasspreker opgetree het.