Editorial

Voorspelbaar

Week 9 – 1 March 2013

Kommentaar deur die Redakteur, Pieter Coetzee:

Minister Pravin Gordhan se begroting vir die getroue belastingbetaler was toe nie so negatief soos wat almal verwag het nie. Belastingkortings is toegestaan en die rykes nie so erg belas as wat gespekuleer is nie, maar terwyl hy met die een hand uitgedeel het het hy ‘n wortel aan ‘n stok met die ander een gehou in die hoop dat die privaatsektor eerder die befondsing van welsynswerk by die staat moet oorneem. Die ANC kon nog nooit sy verantwoordelikheid teenoor die verskeidenheid van welsynsorganisiasies wat deur die staat ondersteun moet word nakom nie. Subsidies aan dié inrigtings is stelselmatig ingekort en deesdae, nieteenstaande die belofte van Lotto-winste, kom dit nie eens drupsgewys by die verskeie nie-staatsinstellings wat vir die wesies en gestremde persone moet sorg uit nie.

Die wortel is die groter belastingaftrekkings wat die staat toestaan indien die privaatsektor geld aan sulke organisasies skenk. Of jy nou meer van jou belasbare inkomste kan aftrek maak nog steeds geen verskil aan die lot van die belastingbetaler nie. Niemand het in die eerste plek soveel geld om die lot van die onderskeie nie-regerings-instansies te verlig nie. Mens verwag dat daar eerder uit die staatskatkis daarvoor begroot moet word met die belasting wat in elk geval gehef word.

Om een of ander rede dink die ANC dat hulle ‘n welsynstaat regeer met belastingbetalers wat nie die einde van hul skatte ken nie. In teenstelling hiermee is dit ‘n regerende party wat sy kaders mildelik beloon met die belastinggeld wat hy letterlik uit die staatskatkis steel. Sodanig dat daar niks oorbly om te sorg vir die instandhouding van bestaande dienste soos onderwys, basiese gesondheidsdienste, telekommuniskasie, elektrisisteitsvoorsiening, vervoer, staatsdiens en alles wat met ‘n suksesvolle administrasie gepaard gaan.

Soos enige nie-denkende Afrikaan wat die hoë tegnologie wêreld betree met die agtergrond van ‘n beeswagter, bestaan die persepsie dat om meer water uit ‘n pyp te kry jy maar nog net meer krane daaraan koppel. Net ‘n gek sal daaraan dink om die pyp dikker te maak.

Hierdie is ‘n sprekende voorbeeld van hoe Thabazimbi Munisipaliteit te werk gaan. In die bykans 20 jaar wat die swart ANC-beheerde raad die besluite moes neem is talle uitbreidings goedgekeur, sonder inagneming van die impak op die bestaande water, riool en kragvoorsiening. In die bo-dorp is drie groot hoë digtheids-woonstelblokke gebou, klaarblyklik sonder begrip van die invloed wat dit sou hê op die lewering van die normale munisipale dienste. Esteties het die huiseienaars wat langs en om hierdie ontwikkelings bly meer as net die uitsig oor die dorp en die Kransberge verloor.

Dit is dus nie uitsluitlik die ANC raad wat geblameer kan word vir hierdie swak beplanning nie, maar ook die ontwikkelaars wat maar te gretiglik die situasie benut het met die klaarblyklike afwesigheid van dorpsbeplanners en bouinspekteurs op die persele.

Ons sit steeds met onafgehandelde projekte soos die opgradering van die watertoevoerstelsel wat nou ook weer gekelder word deur een of ander gierige raadsbesluit wat fondse hiervoor blykbaar eerder na die raad se skatkis (en tenderpreneurs se sakke) wil herlei. Watertekorte is steeds deel van elke dag se ongerief in die bo-dorp.

Toekomstige watertekorte vir die hele dorp is dus, net soos Woensdag se begroting, ‘n feit en nie ‘n waarskynlikheid nie. Die burgemeester sal meer ondersteuning kry indien sy eerder sorg dat dienste gelewer word inplaas daarvan om kerkbesoeke af te lê.