Northam VLU leer selfverdediging
SWARTKLIP – Die dames van Northam VLU het op Donderdag 7 Februarie 2013 hul 232ste vergadering in die Methodiste Kerksaal te Swartklip gehou.
Sensei Johan Vosloo het die dames ‘n paar truuks geleer om hulself te verdedig in ‘n situasie waar hul handsak gegryp word, hul in hul kombuis verras word deur ‘n misdadiger of wanneer hul in die slaapkamer oorval word. Die dames het ywerig meegedoen om die tegnieke te bemeester en beplan om in te skryf vir klasse by Johan om te leer om te alle tye paraat te wees.
Tydens die vergadering is die artikels bespreek wat konferensie toe gaan nadat die drie bestes in elke afdeling geïdentifiseer is. Die beoordelaarsameroepster is baie ingenome met die hoeveelheid artikels wat ingeskryf is en het genoem dat dit van hoë gehalte is.
Mari Meintjes het na agt jaar as Skakelbeampte van Northamtak bedank en die borsspeldjie is aan Marinda Gagiano oorhandig wat voortaan die pos sal vul.
Northam VLU se volgende vergadering word beplan vir 7 Maart 2013. Indien u meer inligting verlang, skakel gerus Marinda Gagiano 083 785 2274 of Maritza Hasebroek 072 240 9165.
Northam VLU by Sensei Johan Vosloo wat die dames ‘n paar basiese tegnieke geleer het om hulself te verdedig in ‘n gevaarlike situasie.