Laerskool Thabazimbi na Sci-Enza Expo
PRETORIA – Leerlinge van Laerskool Thabazimbi het verlede Woensdag 20 Februarie ‘n uitstappie na Sci-Enza Expo sentrum by die Universiteit van Pretoria geneem.Wetenskap, Wiskunde en Tegnologie is in ons moderne samelewing van ons belangrikste vakke. Leerders word aangemoedig om innoverend te dink, denkleiers en waarlike entrepreneurs te word.Die leerders kon daar binne in ‘n baie groot kamera klim en die werking van ‘n kamera eerstehands ervaar.‘n Lesing en eksperimente oor klank en musiek was ook baie interessant. Die leerders het verskillende werkstasies besoek waar hulle self kon eksperimenteer . Dit was ‘n heerlike waardevolle leerervaring.
Die Sci Enza Expo Sentrum by Universiteit van Pretoria wat die top Wetenskap presteerders van Laerskool Thabazimbi op Woensdag 20 Februarie besoek het.