Thaba hengelaars presteer te SA’s
BLOEMHOF – Die talentvolle susterpaar van Thabazimbi Hengelklub, Martie Murray en Nicolene Heydenrych, het die Noordwes Hengelunie by die Suid-Afrikaanse Dames Kampioenskappe verteenwoordig te Bloemhofdam, Verlatenkraal.
Die eerste drie dae het die sewe provinsies teen mekaar kragte gemeet vir die medaljes en het Noordwes vierde geëindig. Uit hierdie hengelaars is daar weer ‘n aantal talentvolles uitgenooi na die SA proewe waaruit die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie (SAVOF) A, B en uitnodigingspan gekies word. Albei susters het deurgedring na die proewe en die spanne sal oor drie weke aangekondig word.
Alle nuwe lede is welkom om die klubvoorsitter, Hannes Scheepers, te kontak by 083 490 9743 of thabahengel@gmail.com.
Weens die Bosveldtrofee wat gaan plaasvind gedurende die naweek van 16 Maart gaan die klub se volgende kompetisie plaasvind in April. Hou die Kwêvoël dop vir verdere inligting. Jood se dam sal nog gesluit wees tot verdere kennisgewing.
Martie Murray op die SA’s met haar baber van 10.85kg.