Community

Shoprite Tekenkompetisie wenner

THABAZIMBI – Shoprite bied elke jaar ‘n kompetisie aan wat kinders van verskillende skole die geleentheid gee om ‘n tekening in te stuur van wat hulle eendag wil word.

Die prys dek die leerling se jaarlikse skoolfonds geld, gratis skool vir ‘n jaar. Daar was vanjaar by die 200 inskrywings en die gelukkige wenner was Bronwen O’Neill  wat in Gr 3/54 is van Laerskool Thabazimbi wat haar droom uitgebeeld het waar sy ‘n bou-ingenieur wil word.

07-Shoprite wenner

Lizelle Johnson (bestuurder van Shoprite Thabazimbi) het die oorhandiging behartig waar Bronwen O’Neill die Shoprite Tekenkompetisie gewen het.