SportTop Stories

Plaaslike atlete kwalifiseer vir Comrades

OTTOSDAL – Die fikse atlete van Active Life gym van Thabazimbi, het op 26 Januarie 2013 aan die Ottosdal Nag Draf en Trap marathon deelgeneem. Hierdie marathon is ook ‘n Comrades marathon kwalifiserende wedloop. Vier atlete het aan die halfmarathon (21.1km) deelgeneem. Die res het almal die 42.2km aangedurf en daarmee saam gekwalifiseer vir die Comrades marathon wat op 2 Junie gaan plaasvind.

08-Active Life

Die atlete van Active Life gym wat aan die Ottosdal Marathon deelgeneem het saam met Dieter van Pasella.