Oud bekende oorlede
Joey Burger is op die ouderdom van 67 oorlede op 2 Februarie 2013. Sy was woonagtig in Thabazimbi van 1980 af saam met haar man Willie Burger Snr. Mense sal haar ken as die Edgars tannie, want sy het tot 2002 in Edgars Thabazimbi gewerk.
Sy laat haar man, 3 seuns , Willie Jnr, Kobus en Flippie, ‘n suster en ‘n swaer agter.