L/S Thaba by Area Byeenkoms
Laerskool Thabazimbi het verlede Saterdag 9 Februarie aan die Area atletiek byeenkoms te Warmbad deelgeneem. In die derder ry vlnr Dewan Deysel seuns o/13 met ‘n nuwe spiesgooi rekord van 30,8m en discus rekord van 29,3m, Tshiimiswa Nemavhola seuns o/12 met ‘n 1ste plek vir 75m hekkies, 2de plek vir 150m hekkies en ‘n 2de plek vir verspring, Marco Myburgh seuns o/13 kry ‘n 1ste plek vir 200m hekkies, ‘n 2de plek vir 200m en ‘n 2de plek vir 800m en Anthony Brand seuns o/13 behaal ‘n 1ste plek vir 80m hekkies. Tweede ry vlnr Derick Joubert behaal ‘n 2de plek vir seuns o/10 vir gewigstoot, Jean-Rich du Preez stel ‘n nuwe rekord op vir seun o/10 gewigstoot met ‘n afstand van 8,07m, Mpho Tselane behaal 2de plek vir 100m en ‘n 2de plek vir verspring seuns o/13, Pieter Lamprecht behaal ‘n 1ste plek vir hoogspring seuns o/13,en Kayla van der Merwe stel ‘n nuwe rekord op vir dogters o/11 gewigstoot met ‘n afstand van 8,69. Eerste ry vlnr Morné Pistorius behaal ‘n 2de plek vir verspring seuns o/10, Dané Koen behaal ‘n 3de plek vir dogters o/13 in die 800m, Jani du Plessis stel ‘n nuwe rekord op in spiesgooi dogters o/12 met ‘n afstand van 20,65 en behaal ‘n 1ste plek in die 75m hekkies, Mienke Engelbrecht behaal ‘n 1ste plek vir gewigstoot dogters o/10 en Miné Lategan stel ‘n nuwe rekord vie dogters o/12 in hoogspring met ‘n hoogte van 1,33m. Voorste ry vlnr Ernest July behaal ‘n 1ste plek vir die 150m seuns o/12 , Devon Steenkamp behaal ‘n 2de plek vir hoogspring seuns o/10, Tommie Swanepoel behaal ‘n 2de plek vir 60m en ‘n 2de plek vir 80m seuns o/9 en Karel Röhrbeck behaal ‘n 1ste plek vir 150m hekkies vir seuns o/12. Afwesig Devoux Deysel stel ‘n nuwe rekord op vir spiesgooi seuns o/12 met ‘n afstand van 38m, Megan Brits behaal ‘n 3de plek vir gewigstoot dogters o/12 en Victor Potgieter behaal ‘n 1ste plek vir gewigstoot seuns o/13.