Sport

“Legends of awesomness” HFM se tema vir Interhoër

THABAZIMBI – Die blou Tsunami vanaf Frikkie Meyer is met krag onderweg na  Hoërskool Nylstroom. Die jaarlikse Interhoër uitnodigings atletiek kragmeting vind plaas op Saterdag 23 Februarie 2013. Ons sien uit na ‘n dag waarop rekords gaan spad, op die veld, op die baan en veral op die paweljoen.

Hoërskool Frikkie Meyer se atlete en sangers is oorgehaal om al hul talente ten toon te stel en om die nuwe ”legend of Awesomness” te begin. Die bestuursliggaam, die hoof en die personeel, doen ‘n beroep op alle ouers en ondersteuners om te kom deel in die Frikkie Meyer Legende.

08-Interhoer

Bealde Enslin en Anthony van Niekerk is aangewys as die hoofdirigente vir hierdie jaar se interhoër sang span wat saam Nylstroom toe gaan more, 23 Februarie, vir die Interhoër.