Kiliklim vir Kinderhuis
NYLSTROOM – Die Voorsitter van die Raad van Direkteure van die Abraham Kriel Kinderhuis (AKK), Dominee Wollie Wolhunter, beoog om op 19 Julie vanjaar die magtige Kilimanjaro aan te durf ten bate van AKK se afvlerk kinders.
Hierdie tog wat hy graag wil aanpak, is ‘n lewenslange droom. AKK se slagspreuk: Ek kan, het as verdere motivering gedien en wil hy graag aan die wesies demonstreer dat enigiemand enige iets kan bereik as hulle daarop fokus en in hulself glo.
Ds Wolhunter gaan ‘n hoogte van 5895m aandurf en indien die projek organiseerders 6000 persone kan vind wat elk R10 tot R100 per meter kan borg, sal dit groot moontlikhede vir die kinderhuis kan inhou.
“Raak betrokke by hierdie projek, want jy kan.” Die Kinderhuis het elkeen se ondersteuning nodig om hierdie projek ‘n sukses van te maak. Vir alle donasies vanaf R200 voorsien AKK ‘n Artikel 18A kwitansie. Kontak Gezina Lombard by 082 897 3877 of gezina@esnet.co.za of fax 086 570 7648 vir meer besonderhede.
Ds Wollie Wolhunter, die Voorsitter van die Direkteursraad van AKK, wat die Kiliklim projek lei.