Geen frakture na erge stamp
THABAZIMBI – Die nege-jarige Chevonne de Villiers wat verlede Vrydag deur ‘n motor getref is, sterk tans in die hospitaal aan nadat sy verskeie kneuswonde opgedoen het.
Die ongeluk het gebeur toe Chevonne voor om die skoolbussie, regvoor ‘n verbygaande voertuig ingeloop het nadat sy van die bussie wat haar in Daffodilstraat, voor haar ouerhuis, afgeklim het. Sy is met die impak etlike meters ver geslinger. Die dokter was gou op die toneel en sy is na die hospital vervoer deur die bestuurder van die voertuig wat haar getref het.
Sy het gelukkig geen beenfrakture opgedoen nie en ondergaan tans ook fisioterapie.
Motoriste word gemaan om ekstra versigtig te wees waar kinders by skoolbusse op- en af klim of strate oorstee