Trollie beheer in Thabazimbi

Ons lesers skryf:
Daagliks, wanneer ek in ons dorp Thabazimbi ry, kry ek trollies wat verlate langs die pad en op die sypaadjies en soms in die bosse staan . Die trollies behoort aan Spar, Shoprite, Save Right , Pick ‘n Pay en Food Zone.
Ek het al met die betrokke genoemde plekke se Bestuurders gaan praat en dit blyk dat die trollies ‘n paar honderd rand stuk kos. Ek word ook gesê dat daar daagliks ‘n bakkie uitgaan om die trollies weer terug te bring na die onderskeie winkels toe.
Is daar nie ‘n manier om te keer dat mense (alle rasse) die trollies wegneem van die perseel af nie? Ek glo dat die Bestuurders maar dood eenvoudig die voedselpryse opsit om te betaal vir die trollies wat nie terugkom nie en daarom is dit nie vir hulle ‘n groot “issue” nie.
Thabazimbi Inwoners, waarom moet ons gestraf word vir hoër voedsel pryse deur ‘n paar mense (ek wou ‘n ander term gebruik het) wat die trollies van die perseel verwyder maar te lui of te sleg is om dit weer terug te bring? Kom ons staan saam en stop hierdie tendens in ons dorp, deur foto’s te neem van mense wat die trollies wegneem en dit in die koerant te plaas om hulle (hopelik) skaam te maak.
Thaba inwoner