Stywe lyne by Thabazimbi Hengelklub
THABAZIMBI – Die Hengelklub het op ‘n hoë noot weggespring en hul eerste kompetisie het op 20 Januarie by Andries Pretorius plaasgevind. Desnieteenstaande die heerlike reën het die dag goed verloop en was die klub voltallig. Die wenner is bepaal deur die hengelaars wat die meeste punte verower het, naamlik 10 punte per vis en 10 punte per kilogram. Hierdie was slegs ‘n dag kompetisie.
Die uitslae: Cubs – eersteplek: Ewald Botha, tweedeplek: Jayson Loots en derdeplek: Charl Rohrbeck. Penkoppe – eersteplek: Mikyala Tullues en tweedeplek: Johann Coetzee. Juniors – eersteplek: Ettiene v Staden, tweedeplek: Andrae v Staden en derdeplek: Deon Bender. Dames – eersteplek: Des Pretorius, tweedeplek: Martie Murray en derdeplek: Nicolene Heydenrych. Seniors – eersteplek: Hannes Scheepers, tweedeplek: Johan Snyman en derdeplek: Tommy Swanepoel.
Hul tweede kompetisie is by Northam Konsentrator aangebied. Wenners is aangewys deur die hengelaars wat die swaarste sak ingeweeg het. Hierdie kompetisie was ‘n “oornag” gewees. Die wenners was as volg: Cubs – eersteplek: Charl Rohrbeck, tweedeplek – Jay-Dylan Wolmarans en derdeplek: Ray-Dylan Wolmarans. Penkoppe – eersteplek: Dalize Botha, tweedeplek: Johann Coetzee en derdeplek: Simone Rohrbeck. Juniors – eersteplek: Andrae v Staden, tweedeplek: Theunis Heydenrych en derdeplek: Ettiene v Staden. Dames – eersteplek: Maxie v Staden, tweedeplek: Des Pretorius en derdeplek: Martie Murray. Seniors – eersteplek: Hannes Scheepers, tweedeplek: Ralph Kissack en derdeplek: Tommy Swanepoel.
Die volgende kompetisie gaan op 2 Maart weer by die Northam Konsentrator plaasvind. Hierdie sal slegs ‘n dag-kompetisie wees vanaf 06:00 die oggend tot 15:00 die middag.
Alle nuwe lede kan die klubvoorsitter Hannes Scheepers kontak by 083 490 9743 of stuur ‘n epos na thabahengel@gmail.com.
Andrae van Staden (tweedeplek).