Solidariteit Helpende Hande skop af met eerste vergadering
NORTHAM- Helpende Hande het hulle hande vol met die talle mense in nood. Hulle eerste vergadering het plaasgevind op 25 Januarie 2013 te Vendusiekraal Northam. Die jaar het baie bedrywig begin en hul eerste projek was om ‘n skolier te help wat koshuis toe moes gaan in Rustenburg. Hulp is ook aan ‘n hoërskool leerling verleen deur ‘n gedeelte van die opvoedingsonkoste te dek. Die bydraes van die publiek het hierdie twee projekte moontlik gemaak. Northam tak het gegroei met 21 lede wat in 2012 aangesluit het en deur middel van debiet orders ‘n bydrae maak. Dit is ‘n fantastiese mylpaal wat behaal is en hulle doen weereens ‘n beroep op die publiek om betrokke te raak hulp te verleen met huishoudelike benodigdhede, soos kos, klere en skoonmaakmiddels, om slegs ‘n paar te noem. Helpende Hande sien uit na die jaar wat voorlê en beplan baie projekte wat tot voordeel van die minderbevoorregte sal strek. Dankie aan die publiek op wie hulle altyd kan staatmaak. Kontak vir Mari by 082 086 4915, Rene 073 429 9411 of Jenny by 084 968 5022 vir enige navrae.