Community

Papierkinders het Ouma se bloed laat kook

Tobie Lombard

 

ROOIBERG – Dit is ‘n gegewe en ‘n bewese feit dat daar erge armoede in Suid-Afrika heers terwyl diktators soos Jakob Zuma miljoene rand van die reeds swaar belaste belastingbetaler aanwend vir sy eie gerief en self verheerliking. ‘n Fyn vroutjie van Putte in Nederland, Ria van Scheijndel – de Bruin, moeder van 4 kinders en 6 kleinkinders het weens die sameloop van snaakse gebeure haar in Rooiberg, Suid-Afrika bevind.

Vandag loop sy met een of twee krukke, weliswaar nie groot afstande nie maar die belangrike is dat sy weer self kan loop.

Sestien jaar gelede was sy betrokke in ‘n erge ski ongeluk weens Sudeck se Spierdistrofie. Fyn van voorkoms maar ‘n ysere wil en deursettingsvermoë wat mens verstom laat, om nie lewenslank gebonde te wees aan ‘n rolstoel nie en daagliks ondraaglike pyn te verduur, was onaanvaarbaar vir haar. Volgens die medici was daar geen hoop op genesing vir die gryskop vroutjie nie.

Hierdie gebeure het daartoe bygedra dat Ria en haar man twaalf jaar gelede vir die eerste keer in Suid-Afrika oorwinter het, weg van haar geliefde maar yskoue Nederland. Na ‘n paar weke in SA merk sy dat die daaglikse pyn veel minder geword het. Vandag loop sy met een of twee krukke, weliswaar nie groot afstande nie maar die belangrike is dat sy weer self kan loop.

Die vogtigheid in die lug het ‘n rol in hierdie verbysterende deurbraak gespeel. Stadig maar seker het haar welstand verbeter, soveel so dat sy naderhand veel meer mobiel was en meer take kon aanpak. Die vriendelike, gasvrye inwoners van die land het haar en haar man bekoor en hulle het stadig maar seker onlosmaaklik geword van Suid-Afrika.

Mettertyd het hulle een ding agtergekom, die afgryslike armoede wat in die land heers het hulle aandag getrek, soveel so dat sy vandag die voorsitter is van Stigting Oumaria met die hoofkantoor in Nederland. Die ondervoorsitter is Weldine en Bianca is verantwoordelik vir die finansies.

Gedurende haar ses maande in Nederland hou sy haar besig met rommel insameling en verkope. Die winste gaan na Oumaria se bank. Die stigting se visie op die visitekaart is duidelik: ”Wij bieden hulp aan kinderen en ouderen in Zuid-Afika”. Min woorde wat nie die daadkrag van die vroue weerspieël nie.

Uiteraard is die stigting finansieel daartoe in staat om miljoene rand te spandeer nie maar daar waar hulle ‘n daadwerklike verskil kan maak, huiwer hulle nie vir ‘n oomblik nie. So het hulle vir ‘n behoeftige blanke vrou in Rooiberg gehelp wat liggaamlik gestremd is. Die vrou kon nie haar badkamer benut om net te bad nie. Die toilet was ‘n nagmerrie.

Stigting Maria het ingespring en vandag glimlag die dankbare gesin van oor tot oor. Die gestremde moeder en ouma kan nou alle fasiliteite behoorlik gebruik. Mitha, ? swart moeder van Rooiberg RDP het by Ria aangeklop vir werk. Gaande weg het Ria besef dat Mitha en haar drie kinders in ‘n sink plakkershut woon.

Behalwe dat Mitha getoon het om ‘n betroubare werker te wees met geen eise nie was sy vriendelik en behulpsaam. Gaandeweg het Ria meer agtergekom wat haar huishulp se omstandighede was. Haar behuising was substandaard en het veel te wense oorgelaat. Uitkoms was daar egter nie vir Mitha en haar kinders nie want sy is ongeskoold die toekoms uitsig was troosteloos. Totdat Stigting Oumaria bewus geword het van Mitha se dilemma.

Behalwe vir die koue winters was die huisie ‘n swembad as dit reën. Ria het besef dat sy ‘n verskil kan maak en het ‘n huisie vir Mitha en haar kinders laat bou. Ongelukkig het Ria haar vasgeloop in een van Suid-Afrika se bekendste kwale. ‘n Bouer wat nie die voor of agterkant van ‘n troffel geken het nie. Die eindproduk het tweemaal meer gelek as Ria se sinkpondok.

Die storie hoe Ria van Scheijndel – de Bruin haar eie stigting begin het, maak self ‘n draai by internasionale bedrog. Ria en haar man het eers mildelik bygedra tot ‘n internasionale agentskap wat hulp aan minder gegoedes gegee het. Totdat sy agtergekom het hulle betaal vir papierkinders, kinders wat net op papier bestaan. Dit was ‘n yslike skok maar dit het die weg gebaan tot die Stigting Oumaria.

Dit is dikwels mense soos Ria van Scheijndel – de Bruin en Stigting Oumaria wat sinvolle verligting in behoeftige mense se lewens bring.

Ria is dringend op soek na vrywilligers om met Oumaria se take te help. Voorts soek sy dringend na ‘n stortstoel, loopraam met groot wiele en ‘n handrem. Items wat by ‘n vlooimark verkoop kan word is meer as welkom soos bv. Speelgoed, meubels en ander huishoudelike items.

Soos enige liefdadigheidsorganisasie is Stigting Oumaria afhanklik van skenkings om ‘n werklike, sigbare verskil in mense se lewens te maak. Kontant donasies is meer as welkom. Lesers wat wil betrokke raak kan vir Ria skakel by landlyn 014-734 1962 of sel 082 092 0426. Stigting Oumaria se webwerf kan gesien word by www://oumaria.nl

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Hierdie ywerige ouma van Nederland, Ria van Scheijndel – de Bruin is druk besig met die Stigting Oumaria. Lesers kan met groot vreugde deelneem aan die versoeke vir verskeie items soos in berig gemeld.