Community

Opening van Spitskop Special Needs Skool

THABAZIMBI – Die Spitskop Special Needs Skool het op 11 Februarie 2013 sy deure oopgemaak.  ‘n Groot mylpaal is bereik met die opening van hierdie skool wat spesifiek voorsiening maak vir kinders wat nie ‘n normale skool kan bywoon nie.  Hieronder tel kinders met outisme, down sindroom, epilepsie en breinskade. ‘n Spesiale klas vir kinders  wat nie vordering maak in hoofstroomskole nie, is ook in gebruik geneem.

Gedurende die eerste week is gebruik gemaak van ‘n Professionele Arbeidsterapeut wat kinders ge-evalueer het en plasings in verskillende fases bepaal het. Twee deskundiges vanaf die Assosiasie van Outisme was ook daar om leiding te gee aan die agt personeellede wat leerkragte en assistente insluit.

Die skool is alreeds in volle swang en met vyftien ingeskrewe studente in verskillende fases is ons trots om saam met die ouers aan ‘n toekoms vir hierdie kinders van ons gemeenskap te bou.

07-Autism

Kinders in speelarea van skool.