‘n Dag in die weste
KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop se leerders het op Saterdag 26 Januarie 2013 as die Indiane (Rooispan) en die Cowboys (Blouspan) mekaar die stryd aangesê tydens die Huissport Atletiek byeenkoms. Hierdie skool kan spog met pragtige rekord uitslae waartydens die leerders vele records verbeterhet. Die leerders was Tiaan du Plessis (800m) met ‘n tyd van 2,49,59s , Hanré Odendaal (Kampioen van Kampioene), Michelle Simpson (800m met ‘n tyd van 3,02,28s, en 1500m met ‘n tyd van 5,58s) , JT Cronje (Gewigstoot met ‘n afstand van 9.64m), Charne Ras (Gewigstoot met ‘n afstand van 8,85m), Hennie Naude (70m Hekkies met ‘n tyd van 15,57s) en Gerdro Grobler (Kampioen van Kampioene). Die Cowboys het die styd uit en uit oorwin, deur die sang en atletiek beker te verower. Die leerders wat deurgedring het by die huissport, het Vrydag, 1 Februarie deelgeneem aan die Kringbyeenkoms.
Die leerders wat op hierdie dag rekords opgestel het is agter vlnr. Michelle Simpson, Charne Ras, JT Cronje, Hanre Odendaal, Tiaan du Plessis en voor vlnr. Gerdro Grobler en Hennie Naude.