Skaak prestasies tydens SA’s

KOEDOESKOP – Die afgelope vakansie het vyf van Laerskool Koedoeskop se skaakspelers, wat ook die Platina skaakunie verteenwoordig, te Kaapstad aan die Suid-Afrikaanse Skaakkampioenskappe deelgeneem.

Die spelers is Gustav en Gerdro Grobler, Tanya en Cornél Riekert asook Nia Naudé. Gustav het ‘n uitsonderlike prestasie behaal deur sewe uit sewe van sy wedstryde te wen. Gerdro is ook genooi om aan die Junior Springbok kampioenskappe te gaan deelneem op Saterdag 23 Februarie te Vanderbijlpark. Die skool wens elke speler geluk vir die moed en die durf wat julle aan die dag gelê het.

06-LS Koedoesk op Skaak

Die skaakspelers van Laerskool Koedoeskop, Gustav en Gerdro Grobler, Tanya en Cornél Riekert en Nia Naudé.