Sport

Oud-Thabazimbiër presteer op die gholfbaan

THABAZIMBI – Jaco Prinsloo, oud-Thabazimbiër en oudste seun van Koos en Gie Prinsloo, het die afgelope paar maande hard gewerk om mooi prestasies op die golfbaan  te behaal.  Dis waar wat die spreekwoord sê dat harde werk beloon word.

Jaco se professionele golfloopbaan  het op 15 Mei 2012 begin met sy deelname aan die IGT (International Golf Tournaments) waarvan hy twee van hierdie uitmergelende toernooie wen.  Hy behaal 16 keer die Top 10 en eindig derde op die “Order of Merit” vir 2012.  Verder in Januarie 2013 speel hy die Q-School toernooi wat in Bloemfontein op twee verskillende bane aangebied word oor ‘n aantal van 5 rondtes.  Gedurendie hierdie toernooi was daar 265 spelers op die veld en Jaco einding op dag 4 onder die top 60 spelers.  Jaco  kwalifiseer dus om in 2013 aan die Big Easy Toernooie deel te neem asook die International Golf Tournament en die Q-school Toernooi wat hom weer ‘n kans gaan gee vir kwalifisiering aan die Sunshine Toernooi.

Jaco se golfbelangstelling is te danke aan sy pa wat hom al van ‘n baie vroeë ouderdom blootgestel het daaraan.  Jaco het sy laerskooldae voltooi aan Laerskool Thabazimbi en aan die einde van 2007 matrikuleer hy by Hoërskool Frikkie Meyer en is daarna Pretoria toe vir verdere studies in die golfrigting behaal PGA-kwalifikasies.

Jaco is ook buitelid van Thabazimbi Golfklub en het egter met sy suksesvolle golfloopbaan daar begin.  Dit is lekker om te weet dat die insette wat hy daar gekry het en die voorbeeld wat hy vir ons as golfers stel, ‘n mens ook tot hoër hoogtes kan inspireer.

Dit vat baie deursettingsvermoë, baie nederlae en ‘n goeie karakter om sulke mooi prestasies te behaal.  Ons admireer jou vir die harde werken deursettingsvemoë.

06-Gholf jaco prinsloo 1

Jaco Prinsloo, ‘n buitelid van Thabazimbi Gholfklub het sy professionele gholfloopbaan met verskeie hoogtepunte afgeskop.