Fleur de Lis fondse vir gemeenskap

THABAZIMBI – Solidariteit Helpende Hand se leuse, Opheffing deur Opleiding, het weer sterk deurgeskemer nadat hulle in Januarie ‘n oorhandiging van R1000 elk aan Laerskool Thabazimbi asook HFM gemaak het.

Hierdie geld sal aangewend word om ‘n leerling te help op Sport, Kultuur of Akademiese vlak. Die Northam-tak het aan HFM geskenk en die Thabazimbi tak het op hul beurt aan Laerskool Thabazimbi geskenk.

Solidariteit Helpende Hand het ten doel om ‘n verskil in die gemeenskap te maak en bied jaarliks ‘n Vrouedag, die Fleur de Lis Vrouedag, aan om fondse te genereer vir hierdie doelwit.

Die winste wat gedurende die 2011 en 2012 Vrouedae gemaak is, het hulle benut om beurse mee te stig waarmee Thabazimbi sowel as die  Northam-tak ‘n matriek leerling, wat dit nie kan bekostig nie, gaan help om verder te studeer.

Hulle doen graag ‘n beroep op elke besigheid om die Fleur de Lis Vrouedag te ondersteun. Fleur de Lis Vrouedag beoog om in 2013 nog skole te betrek in die omgewing. Hulle vra dat skole betrokke raak deur ten minste een tafel elk vir die dag te verkoop. Skakel Monica by 0765991858 in Thabazimbi of Mari by 0820864915, in Northam.

03-Solidariteit 2

Solidariteit Helpende Hand se Northam-tak het ‘n R1000 aan HFM geskenk, op die foto is Annatjie, Mnr Cambell (Hoof) en Monica.