Hardekool Boogklub gaan bos by Jaareindfunksie

THABAZIMBI – Soos oudergewoonte het Hardekool Boogklub hul jaar afgesluit met ‘n eie unieke Jaareindfunksie.

Die funksie het op Saterdag 1 Desember 2012 plaasgevind, alhoewel daar alreeds die Vrydag kamp op die plaas Rotterdam opgeslaan is waar die heerlike saamkuier afgeskop is.

Die boogskutters het op Saterdagoggend die laaste kompetisie vir die jaar aangedurf. Die 3D baan is uitgelê in die bos om sodoende jag omstandighede na te boots en vêr skote was aan die orde van die dag. Na ‘n uitdagende kompetisie het almal ontspan en lekker saamgekuier vir die res van die dag. Tydens die prysuitdelingsfunksie is verskeie trofeë, medaljes en sertifikate oorhandig wat gevolg is deur ‘n smaaklike ete. Die Hardekool Boogklub bedank graag Thaba Boog en Hengel wat verskeie pryse geborg het asook almal wat bygedra het om van die naweek ‘n sukses te maak, ook vir al die lede se ondersteuning deur 2012.

Bosveld Akademie Privaatskool se leerlinge wat afrigting by die klub ontvang skakel ook in met die klub. Ockert Goosen ontvang die prys vir Hardekool Boogklub Junior Klubkampioen terwyl Anica Goosen tweede plek ontvangvir die Cub afdeling.

Hardekool Boogklub kom elke Donderdag vanaf 17:00 tot laat byeen vir skiet en samesyn by Obaro se lapa. Hulle nooi alle belangstellendes uit om in 2013 by die klub aan te sluit. Vir enige navrae kan die volgende persone gekontak word, Henk Engelbrecht 083 707 3691 of Petro van Reenen 0828049927.

05-Hardekool boogklub 1

Bosveld Akademie leerlinge wat inskakel by die klub, vlnr: Anica Goosen (tweedeplek Cub Afdeling) en Ockert Goosen (Junior Klubkampioen).