Rekordbrekers van Laerskool TBZ sport

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het verlede Donderdag, 17 Januarie hulle Interhuis atletiekbyeenkoms aangebied.

‘n Hele paar rekords het in die slag gebly, hulle is: Dewan Deysel verbeter die gewigstoot rekord vir Seuns o/13 na 10,13m, Tsiimiswa Nemavhola verbeter die 75m hekkies  vir Seuns o/12 na 12.5s, Victor Potgieter verbeter die rekord vir Seuns o/13 gewigstoot na 10,48m, Khumo Moeng verbeter die 1500 m rekord vir Seuns O/13 na 5:14,2s, Derik Joubert verbeter die gewigstoot rekord vir Seuns o/10 na 8,20m, Kayla van der Merwe verbeter die gewigstoot rekord vir Dogters o/11 na 7,42m en Loreen van der Linde verbeter die 80m vir Dogters o/7 na 14,3s.

04-Ls TBZ Rekord brekers

LS Thabazimbi se rekordbrekers is agter vlnr: Dewan Deysel, Tsiimiswa Nemavhola en Victor Potgieter. Middel vlnr: Khumo Moeng, Derik Joubert en Kayla van der Merwe. Voor: Loreen van der Linde.