Ouma Hettie rus nou

THABAZIMBI – Die oud rugbykommentator van Thaba Stereo, André de Beer, se moeder Hettie, is op Woensdagoggend 23 Januarie 2013 na ‘n lang siekbed oorlede.

Haar gesin het verskeie plase gedurende haar jongmeisie-jare besit. Volgens haar familie het sy die kuns van koekies-bak vervolmaak en sal sy ook spesiaal onthou word vir haar mooi gesindheid teenoor die omgewing.

Sy was haar laaste jare by Bosveld Oord woonagtig.

Haar familie betreur haar afsterwe, maar aanvaar dit met die wete dat sy nou rus in vrede.

Ouma Hettie se begrafnisdiens is op Vrydag 25 Januarie om 11:00 vanuit die AP Kerk. Ds Kalfie Loots sal die diens lei.

04-Hettie de Beer

Hettie de Beer (80) is op Woensdagoggend 23 Januarie oorlede.